Ep.03 - (Afr.) - Moenie terugkyk nie! - a podcast by tiaan gildenhuys

from 2022-01-19T08:00

:: ::

En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie.
(Luk 9:62)

Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.
(Heb 4:16)

As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
(1Joh 1:9)

Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie.
(Heb 8:12)

Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is.
(Mat 18:19)

Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.
(Jas 5:16)

Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.
(Jak 4:7)

Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee.
(Jer 29:11)

Further episodes of A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast

Further podcasts by tiaan gildenhuys

Website of tiaan gildenhuys