Ep.13 - (Afr.) - Hy wat uit die hemel kom is bo alles - a podcast by tiaan gildenhuys

from 2022-02-23T07:00

:: ::

Hy wat van bo kom, is bo almal; hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal. En wat Hy gesien en gehoor het, dit getuig Hy; en niemand neem sy getuienis aan nie. Wie sy getuienis aangeneem het, het sy seël daarop gesit dat God waaragtig is. Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want God gee Hom die Gees nie met mate nie. Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee. Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.
(Joh 3:31-36)

Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe.
(Joh 6:47)

Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.
(1Joh 5:13)

Further episodes of A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast

Further podcasts by tiaan gildenhuys

Website of tiaan gildenhuys