Ep.49 - (Afr.) - Jesus is Alfa en Omega, die eerste en die laaste! - a podcast by tiaan gildenhuys

from 2021-06-30T17:00

:: ::

Rev 1:10  Ek was in die Gees op die dag van die Here, en ek het agter my ‘n groot stem gehoor, soos van ‘n basuin, wat sê: 
Rev 1:11  Ek is die Alfa en die Oméga, die eerste en die laaste, en skryf wat jy sien in ‘n boek en stuur dit na die sewe gemeentes wat in Asië is: na Éfese en Smirna en Pérgamus en Thiatíre en Sardis en Filadelfía en Laodicéa. 
Rev 1:12  Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars, 
Rev 1:13  en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens met ‘n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met ‘n goue gordel. 
Rev 1:14  Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos ‘n vuurvlam, 
Rev 1:15  en sy voete soos blink koper wat gloei soos in ‘n oond, en sy stem soos die stem van baie waters. 
Rev 1:16  En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en ‘n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag. 
Rev 1:17  En toe ek Hom sien, val ek soos ‘n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste 
Rev 1:18  en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood. 

Further episodes of A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast

Further podcasts by tiaan gildenhuys

Website of tiaan gildenhuys