Ep.69 - (Afr.) - Bedwing jou tong - a podcast by tiaan gildenhuys

from 2021-09-08T19:00

:: ::

Jak 3:1  Moenie baie leermeesters wees nie, my broeders, omdat julle weet dat ons ‘n groter oordeel sal ondergaan. 
Jak 3:2  Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy ‘n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou. 
Jak 3:3  Kyk, ons sit stange in die perde se bekke, sodat hulle ons gehoorsaam kan wees, en ons stuur hulle hele liggaam daarmee. 
Jak 3:4  Kyk, ook die skepe, alhoewel hulle so groot is en deur hewige winde voortgedryf word, word gestuur deur ‘n baie klein roer net waarheen die stuurman wil. 
Jak 3:5  Net so is die tong ook ‘n klein lid en beroem hom op groot dinge—kyk hoe ‘n groot hoop hout steek ‘n klein vuurtjie aan die brand. 
Jak 3:6  Die tong is ook ‘n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so ‘n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek. 
Jak 3:7  Want elke soort natuur van wilde diere en voëls en kruipende sowel as seediere word getem en is getem deur die menslike natuur. 
Jak 3:8  Maar die tong kan geen mens tem nie; dit is ‘n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif. 
Jak 3:9  Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is. 
Jak 3:10  Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie. 
Jak 3:11  ‘n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie? 
Jak 3:12  ‘n Vyeboom, my broeders, kan tog nie olywe voortbring, of ‘n wingerdstok vye nie? So kan geen fontein brak en vars water voortbring nie. 

Further episodes of A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast

Further podcasts by tiaan gildenhuys

Website of tiaan gildenhuys