Ep.80 - (Afr.) - God gee ons krag - a podcast by tiaan gildenhuys

from 2021-10-17T20:00

:: ::

Jes 40:25  By wie sal julle My dan vergelyk, dat Ek net so kan wees? sê die Heilige. 
Jes 40:26  Slaan julle oë op in die hoogte en kyk! Wie het hierdie dinge geskape? Hy laat hulle leërskare uittrek volgens getal, Hy roep hulle almal by die naam, vanweë die grootheid van kragte en omdat Hy sterk van vermoë is; daar word nie een gemis nie. 
Jes 40:27  Waarom sê jy dan, o Jakob, en spreek jy, o Israel: My weg is vir die HERE verborge, en my reg gaan by my God verby? 
Jes 40:28  Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? ‘n Ewige God is die HERE, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie. 
Jes 40:29  Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie. 
Jes 40:30  Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs; 
Jes 40:31  maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie. 

Further episodes of A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast

Further podcasts by tiaan gildenhuys

Website of tiaan gildenhuys