Wouter vd Merwe Vesting en Skanse Sondag Oggend 21 Okt 2018 - a podcast by LWC

from 2018-10-24T08:08:03

:: ::

Wouter van der Merwe
21 Oktober 2018 - 09:00
Vestings en skanse! (Strongholds)

Muhammed leef vanaf 570-632 nC.
Sy skanse lei tot die ‘vesting’ van Islam.

2Kor.10:3-6

Wat is n vesting?
Skans/ skuilplek/ bergvesting... (? wegkruipplek)
Fortress/ prison/ stronghold.

Dawid noem Jerusalem n vesting (1Kron.11:5-7) en die Here n bergvesting (5 keer in Psalms).


NT. Vestings = n denkwyse gevul met hopeloosheid wat ons laat aanvaar dat ongoddelike omstandighede nie kan verander nie.

Die oorsprong van die geestlike vestings is die vader van leuens (Joh.8:44)
Maar Jesus is díe WAARHEID!

Skanse en vestings is oor lang tye, gedagtes en argumente wat ons teen die kennis van God oprig.
Dit lei tot ongehoorsaamheid - sonde.

Dis NIE optredes nie, dit begin by gedagtes.
Vra waar kom jou ongehoorsame optrede eintlik vandaan?
Watter leuen glo jy as vesting in jou kop?

Kom ek wys jou hoe begin n ‘stronghold’.(? voorbeeld)
• dit begin met n Leuen - vanaf Adam tot nou, daarom is lieg as een van die 10 gebooie verbied: dit verbreek vertroue. =Misleiding. Spr.12:22
• Dit loop uit op Verwerping - teen die kennis van God, dis nie waar nie. Pessimisme is ? gevolg.
• Bogaande loop uit op Vrees en Intimidasie! Bang mense manupileer met vrees maar Godsmense lei met liefde!

Kyk maar na Gideon, Moses, Jakob en Esau, Elia en baie ander wat hierdeur is maar n paar skrik nie vir satan se vestings nie, soos Daniel en Dawid!
Dawid laat hom nie intimideer deur Goliat nie (1Sam.17), tog kruip hy weg vir Saul (1Sam.22:5)
Maar die Here het n profetiese plan van oorwinning van 5 klippies met hom... en met jou!

Vader wil jou uitbreek uit die tronk en die vesting van die leuen van verwerping en vrees, met "kragtige gevegstoerusting":
Hy gee Sy Woord
Hy gee Sy Kerk
Hy gee Sy Heilige Gees

So onderwerp jou gedagtes aan Sy wil: Rom. 12:1-2

Further episodes of Lewendewoord Centurion

Further podcasts by LWC

Website of LWC