Wouter vd Merwe Waarheen is ons oppad? Sondag Oggend 5 Aug 2018 - a podcast by LWC

from 2018-08-07T09:55:47

:: ::

Wouter van der Merwe
5 Augustus 2018 - 09:00
Visie: Waarheen is ons op pad?

Dis nie lekker om blindelings te moet loop nie.
Rom.2:4
Die Here lei ons met sy liefde!

Visioenêre leiers het altyd nog ‘n prentjie voor oë gehad as hulle mense gelei het.

Jesus - lei ons in Sy Koninkryk in.
Paulus - Evangelie aan heidene (Ef. 3:1-7)

Waarheen lei jy mense?
As Christen is ons almal leiers - Matt. 28:19-20 (Joh.17:18)
Lei dus mense in ‘n lewe van oorwinning: Koninkrykslewe!
Matt. 6:10& 33 & 11:12 - maak dit jou prioriteit.
Dit is Lewe en lewe in oorvloed- Joh.10:10

Waarheen lei LWC, jou?
Eff. 4:11 (Heb.12:14) - perfektheid/heilig/heel/ gereed.
Hoe?
• Sy Woord (Heb.4:12) in Krag (HG)
• Saam te leef: Life on life (Rom.12:1&
1Pet.2:5)
• Geleenthede te skep- vir verhoudings & vir
ontwikkeling!

Dus weet ek waarheen ek met
a. Jou as individu op pad is:
• ‘n Volheid van Lewe: vrede/vreugde/kennis/
gesonde leier!
b. Ook met die gemeente (LWC) in geheel:
• ons vestig ‘n Liefdevolle, Woordgefundeerde,
Koninkryksgemeenskap!
• Wat wil toesien dat gesonde kerke regoor
SA floreer! Want die KERK is God se
antwoord vir die wêreld.
Ons gemeente is geroep om ander kerke te help d.m.v. ons voorbeeld en praktiese hulp.

Daarom moet ons as gemeente (elke gemeentelid) aktief DOEN! (Aktief bedien)
Wat ons doen is egter nie so belangrik as wie dit doen nie.
Ons fokus om mense te ontwikkel terwyl hulle vir die Here werk.
Ons is ‘n Familie wat fokus op elke individu se groei.
Daarom glo ons dat ons geloofslewe moet uitkring vanaf n sentrale prioriteit:
• Elke persoon se eie verhouding met die
Here (ook elke kind)
• Huwelike
• Gesinne - onderlinge verhoudings
• Werksplek relevant (geestelik, emosioneel
en prakties voorbereid)
• Rekreasie, sport en vriende voluit beoefen
• Gemeenskap dien (omgewing, skole,
hospitale, outehuise, ens.)
• Landsburger van SA te wees wat ‘n
Goddelike verskil maak!

Hierdie 7 goed gebeur d.m.v. Woord & Liefde en dit vestig Sy Koninkryk in Centurion en SA.

Dus is ons kerk ‘n plek waar mense ontwikkel om meer soos Jesus te lyk!

Further episodes of Lewendewoord Centurion

Further podcasts by LWC

Website of LWC