Demokratiese rewolusie - a podcast by RSG

from 2012-07-26T04:00

:: ::

Oudpresident FW de Klerk sê die nasionale beleid het 'n kruispad bereik. De Klerk het by 'n konferensie van die FW de Klerk-stigting gesê die keuse lê tussen die pad na ekonomiese groei en maatskaplike geregtigheid, of die pad van die sogenaamde nasionale demokratiese rewolusie. 'n Aantal sprekers by die konferensie het gister gewaarsku dat die ANC-regering se beheptheid met die nasionale demokratiese rewolusie die land se toekoms in die gevaar stel. Cobus Bester praat hieroor met die adjunkpresident van Agri-SA, dr. Theo de Jager, die uitvoerende direkteur van die Vryemarkstigting, Leon Louw, en die politieke ontleder, dr. Piet Croucamp van die Universiteit van Johannesburg.

Further episodes of Monitor

Further podcasts by RSG

Website of RSG