Toename in gesinsmoorde in SA - a podcast by RSG

from 2013-07-19T02:00

:: ::

Ons het vroeër berig oor die tragedie wat hom gister in Alberton aan die Oos-Rand afgespeel toe 'n man eers sy twee kinders en daarna homself doodgeskiet het. Sy voormalige vrou is ook in die skietery gewond. 'n Kliniese sielkundige sê daar is 'n toename in gesinsmoorde in Suid-Afrika, spesifiek onder wit Afrikaanse gesinne. Daleen Macklin sê hoewel dit by ander rassegroepe ook voorkom, verskil die aard daarvan. Sy sê studies toon daar is 'n toename in gesinsmoorde in tye van ekonomiese onsekerheid en wanneer werkloosheid aan die orde van die dag is.

Further episodes of Monitor

Further podcasts by RSG

Website of RSG