Wat is die verband tussen geloof en geweld teen vroue? - a podcast by RSG

from 2013-03-01T04:00

:: ::

Die minister van vroue, kinders en gestremdes, Lulu Xingwana, het Afrikaner mans om verskoning gevra oor haar stelling dat hulle hul vroue en kinders as besittings beskou en glo dat hulle die reg het om hulle dood te maak, onvoorwaardelik teruggetrek. Dit volg nadat 'n storm los gebars het oor die uitlatings met verwysing na die skietdood van Oscar Pistorius se vriendin, Reeva Steenkamp. Die vraag bly egter spook: Is daar 'n verband tussen die Christelike geloof en geweld teen vroue?

Further episodes of Monitor

Further podcasts by RSG

Website of RSG